Geingob: Moord op politieke aktivies in Eswatini moet ondersoek word

President Hage Geingob het as voorsitter van die SAOG se Troika-orgaan, die moord op Thulani Rudolf Maseko, ‘n vooraanstaande menseregte-prokureur en politieke aktivis in die Koninkryk van Eswatini, betreur. Met sy dood was Maseko voorsitter van die Multi-belanghebbende Forum wat gestig is as ‘n koalisie om ‘n proses van nasionale politieke dialoog te bepleit om die politieke uitdagings wat die Koninkryk in die gesig staar, op te los. Die SAOG doen ook ‘n beroep op die regering van Eswatini om te verseker dat die moord op Maseko vinnig, deursigtig en omvattend ondersoek word, en die verdagtes voor die hof gebring word.