Openbare vervoer moet maatreëls nakom

Volgens die jongste maatreëls mag openbare vervoer net 50 persent van hulle toegelate passasierlading vervoer. Dit sluit langafstand bussies in. Op die oomblik word die bussies deeglik deursoek en alle passasiers moet die nodige permitte hê om tussen streke te beweeg. Hoofinspekteur Rozario Coetzee van Nampol se verkeersafdeling het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.