Oshikoto het daadwerklike water-uitdagings

Talle landelike inwoners van die Oshikoto-streek het geen toegang tot veilige, skoon water nie. Berigte lui dat meeste van die boorgate wat vir verskeie nedersettings daargestel is, reeds ‘n geruime tyd gelede opgedroog het en inwoners grawe self putte om water te bekom. Gronddamme wat tydens die reënseisoen water ingeneem het word ook benut maar die water is besoedel en onveilig.