KwaZulu-Natal se skole afgebrand

Die onderwys-aktivis in Suid-Afrika Hendrick Makaneta het die plundering van 32 skole net in KwaZulu-Natal, ten sterkste veroordeel. Volgens die provinsiale Departement van Onderwys is ten minste drie skole afgebrand. Makaneta sê plundery as sulks moet veroordeel word. Hy sê dis egter verrassend dat dit by skole ook gebeur het, waar daar slegs boeke en opvoedkundige materiaal is. Makaneta sê dis moeilik om te verstaan waarom skole teikens is: