Openbare verhore oor SA Onteieningswetsontwerp

Die Suid-Afrikaane parlementêre portefeuljekomitee vir Openbare Werke en Infrastruktuur sal vandag nog ‘n openbare verhoor oor die buurland se Onteieningswetsontwerp in Noordwes hou. Dit volg ná twee ander verhore wat vroeër in die provinsie gehou is. Die komitee sê die doel van die verhore is om die wetsontwerp te verryk en seker te maak dit neem die uitgangspunte en behoeftes van almal in ag.