Rafael Nadal deur na halfeindstryd van Barcelona Ope

Tennis: Rafael Nadal is deur na die halfeindstryd van die Barcelona Ope na hy Cameron Norrie met 6-1 en 6-4 in die kwarteindronde geklop het. Hy kom vandag teen Pablo Carreno Busta te staan en mik vir sy 12de titel in die toernooi. Met sy oorwinning oor Norrie het Nadal die eerste speler in die era van ope-toernooie geword om 450 wedstryde op twee verskillende baan-oppervlaktes te wen. Hy het ook in vier jaar nog nooit teen linkshandige spelers verloor nie.