Openbare Beskermer ontvang Ramaphosa se antwoorde oor Phala-Phala

Die kantoor van die Openbare Beskermer het ontvangs bevestig van President Cyril Ramaphosa se antwoorde op die 31 vrae oor die voorval op sy plaas, Phala Phala, in Limpopo. Die president se antwoorde is Vrydagoggend  ontvang en die inhoud is onbekend. Hy het versuim om betyds op die vrae te antwoord en die waarnemende Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka het Dinsdag aangekondig sy sal Ramaphosa dagvaar om te antwoord. Die woordvoerder vir die Presidensie, Vincent Magwenya sê Ramaphosa se antwoord is Vrydagoggend gestuur en daar was nooit ʼn bedoeling om nie te antwoord nie.