Withuis sê Pres. Joe Biden voel beter

Die Withuis sê die toestand van President Joe Biden het verbeter sedert hy positief getoets het vir Covid-19. Die 79-jarige President ondervind matige simptome, onder andere ʼn loopneus en uitputting. Die president se geneesheer, dr Kevin O’Connor, sê hy reageer goed op medikasie. Biden het voortgegaan met werk terwyl hy in isolasie is en sal sy pligte hervat sodra hy negatief toets. Volgens sy geneesheer hoes Biden so nou en dan, maar sy polsslag, bloeddruk en suurstofversadigingsvlakke bly normaal.