Nuwe dieselprys sal nie druk op boere verlig nie – AgriSA

Die brandstofprys het plaaslik gedaal en in Suid Afrika betaal motoriste ook van vandag af minder vir hul brandstof met petrol wat met 2 Suid-Afrikaanse rand en 4 sent per liter gedaal het en diesel wat tussen 46 en 56 sent goedkoper is. Die Wes Kaapse tak van AgriSA sê hoewel die dalings verwelkom word is dit nie naastenby genoeg om die druk op die buurland se boere te verlig nie nie. Die organisasie sê die brandstofprys-stygings wat die afgelope paar maande ingestel is het die insetkoste van boerderye drasties verhoog.