Cyril sê staatskaping is verraad teen Grondwet

President Cyril Ramaphosa sê die staatskapings-era het skade aangerig wat verder strek as die plundering van die staatskas en die poging om openbare instellings te vernietig. Dit was ook verraad teenoor die Grondwet. Die president sê in sy weeklikse nuusbrief die immorele, onetiese en strafregtelike optrede van selfsugtige indiwidue in magsposisies het die vertroue van mense ondermyn in die leiers en die instellings wat veronderstel is om hulle te dien. Ramaphosa sê hulle moet nou seker maak daar is vergoeding, geregtigheid en aanspreeklikheid.