Oosthuizen, Henley loop voor in VSA Ope

Suid-Afrika se Louis Oosthuizen en die Amerikaner Russell Henley is op vier-onder die gesamentlike voorlopers in die Amerikaanse Ope in Torrey Pines, Kalifornië. Oosthuizen sal egter sy openingsronde vandag moet voltooi nadat die sirene gister die einde van die dag se spel weens swak lig aangekondig het. Oosthuizen was in daardie stadium op die 17de putjie. Die Amerikaner Phil Mickelson, wat ‘n Grand Slam najaag, het stadig begin en vier oor baansyfer aangeteken. Henley sê hy is tevrede met sy spel: