Ons het nie ivermektien gebruik nie – Geingos

Die Presidentsvrou Monica Geingos het bevestig dat ivermektien nie deel was van die medikasie wat sy en haar man, President Hage Geingob geneem het tydens hulle Covid-infeksie nie. Daar was kommentaar op sosiale media platforms dat Geingob eenvoudig ivermektien moes gebruik het omdat hy 79 jaar oud is, nie ingeënt is nie en vinnig herstel het. Geingos sê hulle het nie die middel geneem nie en inteendeel, is sterk daarteen aangeraai. Sy sê sy sal die kwessie en ander saam met dr. Willie Bruwer, die Windhoek pulmonoloog, vanaand om sesuur op haar sosiale media platforms bespreek.