Oostenryk skort inperkings van oningeëntes op

Oostenryk het aangekondig hy beëindig die inperking vir oningeënte persone in die aanloop tot volgende week, wanneer die land die eerste in die Europese Unie sal word om Covid-inenting verpligtend te maak. Die regering het in November verlede jaar beveel diegene wat nie ingeënt is nie, of wat onlangs van Covid-herstel het, moet tuisbly. Daar was enkele uitsonderings en mense kon werk toe gaan. Restaurante, hotelle, kultuur- en sportfasiliteite sal steeds net ingeënte persone of mense wat onlangs herstel het, toelaat.