Massa-vrektes van mossels langs Namibiese kus bevestig

Berigte van massa-vrektes van mossels langs die Namibiese kus word aangemeld. Die marienebioloog van Ocean Conservation Namibia, Naude Dreyer, het die massa-vrektes van mossels in die Atlantiese Oseaan bevestig. Hy verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus wat die oorsaak daarvan is.