Covid-19: 13 sterftes in vyf distrikte aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het 13 Covid-sterftes in vyf distrikte aangemeld, asook 83 nuwe gevalle uit 982 toetsuitslae wat ‘n positiewe koers van 8,5 persent verteenwoordig. In die groep is 21 leerders van verskillende skole, asook vier gesondheidswerkers, twee onderwysers en een student. Daar is nou 8 359 aktiewe gevalle, waarvan 168 pasiënte in hospitale is en 25 in hoësorgeenhede. Altesaam 418 868 persone is ten volle ingeënt. Die uitvoerende direkteur in die gesondheidsministerie, Ben Namgombe, gee die jongste statistieke.