Oos-Kaap soek Afrika-beleggings

Die Oos-Kaapse Uitvoersimposium en -uitstalling by die Oos-Londense Internasionale Konferensiesentrum het geëindig. Die mikpunt met die tweedaagse geleentheid was om die provinsie as ‘n voorkeurbeleggingsbestemming in Afrika te vestig. In die 2021-22-boekjaar het die provinsie uitvoere van ongeveer 27 miljard Suid-Afrikaanse rand aangeteken. Die hoof van handelsbelegging en vernuwing by die Oos-Kaapse Ontwikkelingskorporasie, Phakamisa George sê die doel met die simposium is om sy uitvoere te versnel en om die ekonomie te laat groei en om handel in Afrika te verhoog: