Mariental skep burgemeesterfonds vir behoeftiges

As gevolg van Covid-19 kan die ekonomiese situasie in alle uithoeke van die land gevoel word. Talle broodwinners het hul werk verloor en sommige afhanklikes het hul ondersteuningstelsels verloor. Die munisipaliteit van Mariental het saam met die burgemeester Cherien Kock besluit om ‘n burgemeestersfonds te stig wat fondse sal insamel wat die munisipaliteit in staat sal stel om vir behoeftiges te voorsien. Kock sê aan Kosmos 94.1 Nuus as deel van die fondsinsameling vir die burgemeestersfonds, sal hulle afskop met ‘n gala-dinee op 23 September.