Oos-Kaap se cholera-uitbreking wek kommer

Die leier van ActionSA in die Oos-Kaap, Athol Trollip, is bekommerd oor ‘n cholera-uitbreking in die provinsie. Trollip onderstreep die moontlikheid dat die bakteriële siekte vinnig kan versprei weens Gqeberha se sanitasie-uitdagings. ‘n Pasiënt is in die hospitaal opgeneem na ‘n moontlike uitbreking en is tans in afsondering. Trollip noem die instroming van mense na die Oos-Kaap oor die feestyd kan bydra tot die verspreiding van cholera. Hy beklemtoon die verslegtende water- en sanitasie-infrastruktuur bly steeds ‘n aansienlike bron van kommer: