Shell sal nog ‘n put boor

Volgens Upstream Online is Shell nie, soos vroeër berig, besig om sy boorwerk klaar te maak nie. Die publikasie berig dat Shell beoog om ten minste nog een eksplorasieput te boor in sy gebied in die Oranje-bekken aflandig in die suide. Die olie-reus het reeds 5,4 miljard vate olie in die gebied ontdek. Die boorwerk sal voltooi wees voor sy tuigkontrak in die middel van 2024 verstryk. In November 2022 het die Deepsea Bollsta boorwerk vir Shell by die Jonker-1X put begin. Die ooreenkoms is in Mei vanjaar met ses maande verleng. Werk sal teen Junie volgende jaar voltooi wees.