Finland en VSA werk saam oor verdediging

Finland staan op die punt om vandag ‘n verdedigingsamewerkingooreenkoms met Amerika in Washington te onderteken. Dit sal die VSA uitvoerige militêre toegang gee regoor die Nordiese land, veral in die gebied langs sy lang grens met Rusland. Volgens die Finse minister van Buitelande Sake, Elina Valtonen, gee die verdedigingsooreenkoms Amerika toegang tot 15 fasiliteite waar wapens en voorrade op Finse terrein geberg kan word. Valtonen beklemtoon die ooreenkoms sal Finland se sekerheid en verdedigingsvermoë ‘n hupstoot gee en samewerking verbeter wat verskeie veiligheidskwessies betref.