Ekonoom sê werkskepping in die waardeketting is belangrik

‘n Namibiese ekonoom gee sy mening oor die hervatting van die Langer Heinrich-uraanmyn se bedrywighede wat na verwagting meer as 300 werksgeleenthede sal skep. Plaaslike berigte lui dat die myn se hoofbestuurder Johan Roux bevestig het dat volgens die vooruitskattings vir operasionele gereedheid kyk die myn daarna om ongeveer 290 voltydse poste te skep, en by die mynbou- en aanlegfase kan daardie aantal werknemers bygevoeg word. Jason Kasuto, ‘n plaaslike ekonoom praat met Kosmos 94.1 Nuus oor werkskepping in terme van die waardeketting.