Oorstromings in Indië eis minstens 73 lewens

Minstens 73 mense het in Indië gesterf nadat rekordreën tot groot oorstromings gelei het. Altesaam 46 van die sterftes het in die noordelike deelstaat Uttarakhand plaasgevind, en 27 mense het in die suidelike deelstaat Kerala gesterf. Beeldmateriaal van die gebiede toon dorpe wat onder water is en brûe wat ineengestort het. Die oorstromings vind plaas te midde van die godsdienstige pelgrimstog, die Chardham Yatra, waartydens Hindoes uit Indië na Uttarakhand reis.