Zuma dien klag teen hoofaanklaer in

Die Jacob Zuma-stigting het aangekondig die oudpresident gaan môre by die polisie in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, ‘n strafregtelike klagte indien teen advokaat Billy Downer. Hy is die hoofaanklaer in Zuma se korrupsiesaak. Zuma se regspan het vroeër aan die Hooggeregshof in die stad gesê Downer en die Nasionale Vervolgingsgesag het nie die regstitel om hom te verhoor nie. Hy beskuldig Downer daarvan dat hy beëdigde verklarings met inligting oor Zuma se gesondheid uitgelek het. Regter Piet Koen sal Dinsdag uitspraak lewer in Zuma se aansoek dat Downer verwyder word.