Oorskot is Brian Laundrie

Die oorskot wat in die Florida-bewaringsgebied gevind is, is bevestig om Brian Laundrie te wees. Die FBI sê tandheelkundige rekords is gebruik om dit te bevestig. Laundrie is reeds meer as ‘n maand vermis na hy sonder sy verloofde, Gabby Petito na ‘n vakansie by die huis aangekom het. Petito se oorskot is op 19 September in Wyoming gevind. Laundrie het net voor dit spoorloos verdwyn. Hy is nie van haar moord aangekla nie maar wel van bedrog omdat hy haar bankkaart na haar dood gebruik het. Sy notaboek en rugsak is by hom gevind.