NHE is kolossale mislukking

Die leier van die RDP-party Mike Kavekotora beskryf die 600 huise wat die Nasionale Behuisingsonderneming in die afgelope vyf jaar gebou het as ‘n kolossale mislukking. Kavekotora was self tussen 2000 en 2005 die hoof van die onderneming en hy sê dat die huidige bestuur die maatskappy in die grond indryf. Hy sê daar moet dringend ondersoek ingestel word. Die onderneming het 1 250 huise geteiken oor die vyf-jaar periode en dit nie gehaal nie. Die massa-behuisingsprojek se fondse is wat die onderneming aan die gang hou. Hy voeg by ‘n oudit is dringend nodig. Die onderneming het vroeër vanjaar vier bestuurders geskors en die minister van stedelike ontwikkeling Erastus Uutoni gevra om ondersoek in te stel. Daar is nog geen uitsluitsel in die verband nie.