Oorsig oor risiko’s met Trump se dokumente

Amerikaanse intelligensiebeamptes hersien op die oomblik die veiligheidsrisiko’s van die hoogs geheime dokumente wat by voormalige president Donald Trump se Mar-a-Lago-huis verkry is. Volgens Avril Haines, die direkteur van nasionale intelligensie, sal haar departement in samewerking met die departement van justisie saamwerk om ‘n klassifikasie-oorsig van die relevante materiaal te fasiliteer. Die justisie-departement ondersoek ook op die oomblik of daar kriminele klagtes teen Trump gebring kan word.