Comrades: Amper 16 000 atlete draf Durban toe

Sowat 16 000 atlete het in die Comrades-marathon oor 90 kilometer van Pietermaritzburg tot in Durban weggespring. Onder hulle is die Russiese atleet, Alexandra Morozova, wat haar saak gewen het om aan vanjaar se wedloop te deel te neem toe die Hooggeregshof in Pietermaritzburg op die nippertjie haar toestemming verleen het. Die Comrades-marathonvereniging het haar Donderdag van die wedloop onttrek. Die vereniging het gesê hy het in ooreenstemming met ‘n opdrag van Wêreldatletiek opgetree, gebaseer op die Russiese inval in Oekraïne. Morozova se regsspan het aangevoer die Wêreldatletiekunie het slegs ‘n sterk versoek gerig om Russiese atlete uit te sluit.