Ondersoek na baba amper in winkel ontvoer is

Bestuur van ‘n Superspar in Alberton in Suid-Afrika sê hulle staan die polisie by in sy ondersoek na ‘n beweerde poging tot ontvoering van ‘n agt maande oue baba deur een van sy werknemers. Die voorval is op kringtelevisiekameras vasgelê. Die ma van die kind het haar in die waentjie gesit om ‘n produk te soek en in ‘n kwessie van sekondes, het ‘n man met ‘n wit voorskoot aan, die kind uit die waentjie gevat. Die ma het dit onmiddellik agtergekom en haar kind by die man teruggevat. Die werknemer is onmiddellik geskors en die ondersoek duur voort. Ontvoerings van kinders raak ‘n groot uitdaging in die buurland.