Oorsaak van taverne-sterftes is glo versmoring 

’n Toksikologieverslag oor die dood van 21 tieners in die Enyobeni-taverne in Oos-Londen sluit metanol uit as die oorsaak van sterftes. Die jongste verslae dui daarop dat die slagoffers versmoor het weens ʼn oorvol vertrek. Familielede eis duidelikheid oor die oorsaak van dood, aangesien die toksikologieverslag hulle met meer vrae gelaat het. Die eienaar van die taverne, Siyakhangela Ndevu, het vandag vlugtig in die plaaslike landdroshof verskyn. Hy staan tereg op aanklagte van die oortreding van drankwette en die verkoop van alkohol aan minderjariges.