Paneel deskundiges sal Phala Phala-kwessie ondersoek

Die parlement in die buurland het bevestig die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het 17 benoemings van politieke partye ontvang om op die onafhanklike paneel kundiges te dien om die Phala Phala-aangeleentheid te ondersoek. Dit gaan oor die diefstal van buitelandse valuta vanaf President Cyril Ramaphosa se wildplaas in Limpopo. Volgens die woordvoerder van die parlement, Moloto Mothapo, moet die paneel bestaan uit drie bekwame en ervare Suid-Afrikaanse burgers wat gesamentlik oor die nodige regsbevoegdhede en -ervaring beskik om die voorlopige oorweging van die mosie te bepaal.