Oopsie, Henriëtte Marx en man in die hof vir swendelary

ʼn Televisie-aanbieder van kykNET, haar man en nog ʼn man moet aan die einde van volgende maand na die Handelsmisdaadhof in Pretoria terugkeer na hulle eerste verskyning op aanklagte van diefstal, bedrog en geldwassery. Die aanbieder van die gewilde leefstylprogram Net Koffie, Henriёtte Marx, haar man, Andries, en ʼn sakevennoot van hulle, Paul McIntyre, word daarvan aangekla dat hulle oor ʼn tydperk van twee jaar meer as 30 miljoen Suid-Afrikaanse rand by Andries se vorige werkgewer, die Vereniging-staalmaatskappy Yellow Star, geswendel het. Al drie is borgtog van 20 000 rand toegestaan.