Namibië mik na 100% internet-toegang

Die minister van inligting en kommunikasietegnologie, Peya Mushelenga, het Namibië se standpunt oor digitale insluiting en toeganklikheidsuitdagings aangespreek ter viering van die Afrika-telekommunikasie/IKT-dag. Die minister sê dat 56 persent van Namibiërs tans toegang tot die internet het, en hy doen ‘n beroep vir meer pogings om universele konnektiwiteit te bewerkstellig. Die minister sê 72 persent van die Afrika-vasteland het nie toegang tot mobiele internet nie, maar plaaslik word 90 persent van die bevolking nou deur breëband infrastruktuur gedek.