Human Rights Watch sê fossielbrandstowwe moet waai

Human Rights Watch dring aan op ‘n einde aan die verbranding van fossielbrandstowwe, en noem dit die voorste aandrywer van die klimaatkrisis. Die organisasie se navorser, Joey Shea, het tydens COP28 beklemtoon fossielbrandstowwe dra by tot meer as 80 persent van die wêreldwye koolstofdioksied-uitstralings. Shea het die skadelike uitwerking van fossielbrandstof beklemtoon op die gesondheid en voortbestaan van mense in gemarginaliseerde gemeenskappe rondom steenkool-, olie- en gasterreine. Sy sê die organisasie ondersteun gemeenskappe wat strenger regulasies en die oorgang na skoner vorms van energie vereis: