Onwettige jag met honde raak daadwerklike uitdaging

In Namibië het boere talle uitdagings met stropers wat honde gebruik vir onwettige jag. In Suid-Afrika blyk dit om dieselfde uitdaging te wees en die voorsitter van die Vrystaatse tak van die Transvaal Landbou-unie, Bertus van der Westhuizen, sê dit is noodsaaklik dat die polisie onwettige jag met honde ernstiger opneem, en meer doen om dié praktyk hok te slaan. Van der Westhuizen sê misdaad vergroot die groot kans vir konflik tussen gemeenskappe . Hy sê die situasie skep ‘n groot probleem vir vee- en wildboere, aangesien geen boer kan toelaat dat vee of wild op sy plaas op dié manier uitgeroei word nie.