Onwettige buitelandse myners verskyn in Limpopo-hof

Twaalf buitelandse burgers het voor die landdroshof in Praktiseer in Limpopo verskyn op aanklagte dat hulle die Immigrasiewet oortree het, omdat hulle in die land is sonder die nodige dokumente. Hulle is in hegtenis geneem ná die herwinning van myntoerusting by die Driekop-myn by Burgersfort. Die polisiewoordvoerder, Malesela Ledwaba, sê gesamentlike pogings om onwettige mynboubedrywighede stop te sit, lewer goeie resultate op.