Brandtragedie ruk suid-oostelike Franse dorpie

Tien mense, waaronder vyf kinders van drie tot 15 jaar oud, is dood in ‘n brand wat ‘n woonstelgebou in Vaulx-en-Velin, naby die suidoostelike Franse stad Lyon verswelg het. Nog vier mense is ernstig beseer in die wat op die grondvloer begin het voordat dit na die gebou van sewe verdiepings versprei het. ‘n Groot, donker rookwolk het bo die gebou uitborrel Die vlamme is later geblus. Volgens ooggetuies het ‘n vrou haar kind na ‘n skare gegooi wat buite saamgedrom en daarin geslaag het om hom te vang. Sy het toe by die venster uitgespring om die vuur en rook te ontsnap en na haar dood geval.