Saftu verwerp dreigement van afleggings

Die vakbondfederasie, Saftu, sê hy verwerp die minister van finansies, Enoch Godongwana, se opmerking dat die regering personeel sal moet aflê om sy teikens vir besuiniging te haal. Die organisasie steun staatsamptenare se verwerping van ‘n salarisverhoging van drie persent wat die regering aanbied. Die woordvoerder van Saftu, Trevor Shaku, sê werknemers moet voortgaan met ‘n landwye staking.