Onveranderde brandstofprys verlig nie taxi-uitdagings nie
Die brandstofprys gaan nie in November verander nie. Dit verlig egter nie die lyding van taxi-eienaars nie, sê die sekretaris-generaal van die Bus- en Taxivereniging van Namibië, Pendapala Nakathingo. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle wag steeds vir terugvoer van die ministerie van vervoer oor hul aansoek om taxipryse te verhoog. Die groep wil taxi-tariewe tot 15 Namibiese dollar verhoog op roetes soos van Katutura na die stad en 30 dollar vir reise van die stad na bestemmings soos Grove Mall.