Ontwortelde buitelandse burgers op Bredasdorp beskerm

Die Kaap Agulhas-munisipaliteit in die Wes-Kaap het ‘n veel-regerings-aanslag bekendgestel om ontwortelde buitelandse burgers in Bredasdorp by te staan. Hulle soek skuiling na skermutselings met plaaslike inwoners van Zwelitsha. Ten minste 450 gesinne is geraak, nadat hulle huise vernietig en beskadig is. ‘n Woordvoerder van die munisipaliteit, Eben Phillips, sê ‘n groot groep buitelandse burgers word steeds in die gemeenskapsaal en ‘n moskee gehuisves.