Kalkrand se laerskool trek nuwe baadjie aan

Die Hardap-goewerneur eerwaarde Salomon April, het vandag ‘n sooispitseremonie gehou vir die konstruksie van nege klaskamers, ‘n kantoorgebou en twee ablusieblokke vir seuns en meisies by die AA Denk Primêre Skool op Kalkrand. Die grond is deur die Denk-familie geskenk en die konstruksie van die klaskamers word deur die Japannese ambassade befonds. Die konstruksie van die bykomende infrastruktuur is om die ander primêre skool op Kalkrand na ‘n junior sekondêre op te gradeer. Die klaskamers sal teen ‘n koste van 1,4 miljoen Namibiese dollar deur ‘n plaaslike maatskappy, Blitz Electrical Construction, gedoen word en skop môre af.