Stad Tshwane kry dringende interdik teen EFF se onwettige optog

Die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria het vandag ‘n dringende interdik aan die Stad Tshwane toegestaan teen ‘n onwettige optog wat die EFF gereël het. Die EFF is nie ‘n arbeidsorganisasie of ‘n vakbond nie. Die stad se woordvoerder, Sipho Stuurman, sê die EFF is ‘n politieke party en tog voel hy hy kan arbeidsprosesse in die Stad manipuleer om sy eie politieke agenda te dryf.