Ontwikkelingsbank bou twee klaskamers

Die Ontwikkelingsbank van Namibië het ‘n halfmiljoen Namibiese dollar geskenk om twee nuwe klaskamers vir Maunga-skool in Zambezi te bou. Maunga Skool maak voorsiening vir leerders tot graad 4. Die bank se hoof uitvoerende beampte, Martin Inkumbi, het ander instansies uitgedaag om skenkings te maak wat geriewe by die skool verbeter. Hy gesels met Kosmos 94.1 Nuus…