Ontwikkelingsbank beloon goeie sakelui

Die Ontwikkelingsbank van Namibië het sy gesogte 2022 Goeie Besigheidstoekennings in Windhoek aangebied. Die geleentheid is bygewoon deur die vise-president, Nangolo Mbumba, asook deur vooraanstaande sakelui in Namibië se private sektor. Die wenner van die klein en medium ondernemings-kategorie, Zealous Tutorial Centre bied opleiding aan graad 10- en 12-leerders in Rundu. Finaliste Infinity Logistics werk in die vervoer- en logistieke sektor en Blue-Chem Investments vervaardig skoonmaakmiddels in Walvisbaai. Die bank se uitvoerende hoof, Martin Inkumbi, praat met Kosmos 94.1 Nuus.