Ontwikkelde lande moet verantwoording doen vir klimaatsverandering

Suid-Afrika en nóg drie lande het ontwikkelde lande gevra om weer te kyk na hul doelwitte om klimaatsverandering te beperk en om ontwikkelende lande ook hierin te steun. Suid-Afrika, Brasilië, Indië en China se ministers van die omgewing het in ‘n gesamentlike verklaring gesê dit is noodsaaklik dat toekomstige wêreldberade ‘n deurbraak maak wat betref finansieringshulp vir klimaatsverandering vir ontwikkelende lande. Die groep het lande uitgedaag om ‘n plan hiérvoor bekend te maak. Chris Brown, ‘n Namibiese Ekoloog het sy reaksie in die verband so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.