Pep staan skoolmeisies by

Pep Stores in Namibië het aangekondig dat Rehoboth volgende week voordeel sal trek uit sy projek om sanitêre doekies te voorsien aan hoërskool dogters. Volgens Jakkie Coetzee, Pep se Algemene Bestuurder in Namibië is die projek ‘n groot sukses en word sedert 2018 regoor die land uitgevoer.