Heruitvoere verswak in Februarie

Die Namibiese Statistieke Agentskap sê statistieke rakende heruitvoere het in Februarie 2021 verswak met ‘n daling van 22,7 persent op ‘n maandgrondslag maar, met ‘n verbetering van 53,6 persent op ‘n jaargrondslag. Die land se grootste heruitvoer-produk was koper teen 62,4 persent van die totaal. Meeste van die koper was afkomstig van Zambië en is onder andere na China, Indië, Hongkong uitgevoer.