Ontwikkel die grond of gee dit terug

Die Gibeon Dorpsraad het eienaars van onbetaalde, half-betaalde en onontwikkelde erwe gemaan om teen 30 Junie dringend met die waarnemende hoof uitvoerende beampte van die dorpsraad, Willem Afrikaner skriftelik in verbinding te tree. Die raad sê hy is geskok dat groot dele grond wat aan inwoners toegeken is, is steeds leeg en dat wanbetaling, of geen betaling, algemeen is. Grondeienaars wat versuim om teen vieruur op 30 Junie kontak te maak sal eienaarskap van hulle grond verbeur.