Ontvoering vir lospryse wek kommer in Gauteng

Die premier van Gauteng, David Makhura, sê hy is bekommerd oor die toename in ontvoerings vir lospryse in die provinsie. ‘n Dertigjarige vrou wat buite haar huis in Atteridgeville deur drie mans ontvoer is wat hulle as polisiebeamptes voorgedoen het, is gister ongedeerd opgespoor. Makhura se woordvoerder, Vuyo Mhaga, sê die afgelope week is twee ander ontvoerings vir lospryse in Bramley en Olievenhoutbosch in die provinsie aangemeld: