Oorgrensvervoer loop vlot

Die Namibiese langafstandvervoerbedryf het gereageer op die nuwe aandklokreël van 23:00 – 04:00 wat tot 15 Oktober van krag is. Stefan Terblanche, vervoerkenner, het aan Kosmos 94.1 gesê dat die nuwe aandklokreël hulle glad nie beïnvloed nie.