Geslagsgeweld is ook ‘n pandemie

Nes Namibië het Suid-Afrika ook baie groot uitdaging met geslagsgeweld. Die buurland se minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, sê geslagsgeweld en verwante leed is nog ‘n pandemie wat gesamentlik oorkom moet word. ‘n Departementele woordvoerder, Ishmael Mnisi, sê alle universiteite in die buurland het maatreëls ingestel om bewustheid te skep en advies en riglyne oor geslagsgeweld en verwante sake te verskaf: